Desember 2015 het ek en Hercules die kans gekry om nog n huis te omskep en 'n gastehuis te begin. So moes ons gastehuis n naam kry. Aangesien Hercules dan inbeheer gaan wees het ons beluit op die naam Hercules Rust. Die gaste huis is op die plaas Voorspoed in die Stella, Setlagoli omgewing.
Die swembad het lank leeg gestaan en het ons dit gevul met water. Die tuin by Hercules Rus is dan lekker groot en daar het baie werk vir ons voorgele.
So met die werkery het Hercules darem van tyd tot tyd geselskap gehad. Hier swoeg en sweet hy dan om alles reg te kry
Vensters word vervang met skuifdeure sodat elke kamer hul eie ingang kan he. Was dit nie n lekker groot werk nie
Ons dubbel kamer word ingerig en mooi gemaak met sy eie badkamer
Die familie kamer begin ook gestalte te kry. Lekker 2 groot kamers met hul eie badkamer.
Die eindproduk van al die lekker harde werk. So is ons dan gereed vir die eerste gaste en open ons Februarie 2016 ons deure.
Die mooi sons ondegange en die spruit met water as dit gereen het maak die plek 'n lus vir die oog.
Graag wil ons dan vir almal bedank wat ons gehelp het so ook aan almal wat vir ons goed geskenk en geleen het vir ons gastehuis. Ons waardeer dit opreg.
Groete
Patrick & Hercules